About this camp
Slegs ’n klipgooi vanaf Lanseria lughawe, neffens die Wieg van die Mensdom, wag ’n stukkie lafenis vir jou siel. Ontsnap uit die stad en neem die Krugersdorp/Pretoria N14 hoofweg na Riverstone Lodge in Muldersdrift - ’n onvergeetlike oase langs die wal van die Krokodilrivier. Riverstone Lodge bied 51 pragtige ruim kamers omring deur prentjiemooi tuine en koi-dammetjies. Opsies vir akkommodasie sluit in 12 Executive suites met ’n private balkon, ’n Superior suite met ’n private plaspoel en tuin, Junior suite met ’n private plaspoel, ’n rolstoelvriendelike familie opsie en 36 standaard kamers met ’n patio wat jou uitlei na die swembad. Bespreek jou tafel by die Driftwood restaurant vir ’n rustige aandjie uit en geniet ’n uitgebreide wynlys en spyskaart met ’n tikkie Portugal! Previous Next
Partner
Need a caravan for your trip to Gauteng?
Rent from locals via Kampi.