🇿🇦 Free directory for SA camp & 4x4 businesses
Claim your listing · List your business

Kokoriba

Kokoriba Wildreservaat JJM7 V7 BeestekraalUnknown
Is this yours?

About this camp

Kokoriba Wildreservaat en Gesinsvakansieoord bied u ʼn unieke Bosveld-avontuur wat reeds by duisende Suid-Afrikaners bekend en geliefd is. Kokoriba is die antwoord: of u nou wil kampeer, voetslaan of sommer net vir ʼn naweek in een van ons bekoorlike lugversorgde selfsorg-chalets wil wegbreek.Kokoriba is ideaal en gerieflik geleë vir mense wat wil wegkom van die stad se gewoel. Ons is slegs 38 km van Brits, 68 km van Sun City, 54 km van Rustenburg en 120 km van Pretoria – u kan dus ʼn welverdiende vakansie of wegbreeknaweek geniet sonder om te ver te ry.Kokoriba se Makoro is ideaal vir groepsfunksies.Hier is ʼn groot verskeidenheid natuurlewe en hierdie deel van die Bosveld is bekend om sy ryk voëllewe, met meer as 300 aangetekende spesies.Kokoriba het 3 swembaddens waarvan 1 ‘n verhitte water binnenshuis swembad is en die ander 2 is koue water swembaddens. Daar is ook ʼn à la carte-restaurant, ʼn gelisensieerde kroeg en ʼn minisupermark, plus talle ander aktiwiteite vir die gesin soos minigholf , potspel, tafeltennis, pylgooi, voetslaan en wildkyk, om net ʼn paar te noem.

Map & directions

Open in Google Maps ↗

Partner

Need a caravan for your trip to Unknown?

Rent from locals via Kampi.

Browse rentals →

Similar camps nearby