🇿🇦 Gratis gids vir SA kamp- en 4x4-besighede
Eis jou lys · Lys jou besigheid

Wildehondekloof

Western Cape

Oor hierdie kamp

WILDEHONDEKLOOF PRIVATE GAME RESERVE ( 45KM BUITE OUDTSHOORN) – OFF THE GRIDD ‘n 4000 Hektar Game Lodge wat sagkuns op die oog val naby geleë  aan Oudsthoorn, Wes-Kaap, met 8 luukse kamers en 1 privaat luukse suite wat uitloer oor die Swartberge. Van hierdie luukse kamers is toegerus met lugverkoeling sowel as en-suite badkamers. Self Sorg huis ook beskikbaar wat met gemak ‘n familie van 6 kan slaap. Klink dit nie na die perfekte vakansie nie? Wildehondekloof is ‘n bestemming soos geen ander. Met uitsigte oor berge en riviere belowe ‘n vleisie oor die kole om ‘n permanente indruk op enige vakansieganger te maak. Verniet Wi-Fi stel besigheidsmanne in staat om Wildehondekloof ten volle te gebruik vir ‘n wegbreek konferensie, terwyl diè bestemming ook perfek is vir ‘n romantiese wegbreek. Besigtig voëls, meeste bok spesies en kameelperde in safaristyl of span uit onder die sterre vir ’n rustige romantiese aandjie. Jou stukkie hemel staan reg - waarvoor wag jy?Kom geniet die Wes-Kaap by Wildehondekloof, dit beloof om ‘n ervaring van ‘n leeftyd te wees. Previous Next

Partner

Need a caravan for your trip to Western Cape?

Rent from a local owner.

Browse rentals →

Soortgelyke kampe nabygeleë