🇿🇦 Gratis gids vir SA kamp- en 4x4-besighede
Eis jou lys · Lys jou besigheid

Itaga Private Game Lodge

Limpopo

Oor hierdie kamp

Itaga Lodge is ‘n luukse privaat lodge geleë in die Mabalingwe Natuurreservaat, ‘n 12 000 hektaar malaria –vrye wildsreservaat buite Bela Bela, in die Limpopo Provinsie. Itaga het 'n trotse reputasie as 'n eksklusiewe 4-ster-lodge waar onderbeklemtoonde elegansie weerspieël word wat ideaal is vir koorporatiewe, familie of romantiese wegbreke.  Die lodge is maklik bereikbaar en is slegs ‘n klipgooi ver van groot stede soos Pretoria, Johannesburg en ook OR Tambo Internasionale Lughawe. Die groot 5 kan op die reservaat besigtig word tydens aktiwiteite, waarvan die leeus in kampe besigtig kan word.  Verskeie ander aktiwiteite word in die omliggende omgewing aangebied vir die avontuurlistige gene. Itaga beskik oor 8 luuks, moderne Afrika-styl en-suite chalets. Elke kamer het 'n privaat pergola-bedekte patio en die meeste van die kamers is ingerig met privaat buite-bosstorte. Die grasdak-gedeelte wat die kern vorm van die hooflodge het 'n romanties ingerigte eetarea, 'n intieme leefarea met 'n ken-merkende kaggel, ‘n kroeg en 'n uitkykdek wat uitsigte bied oor die watergat. ‘n Nuut opgerigte Spa-kamer met gekwalifiseerde terapeute en ‘n oefenkamer is op die perseel geleë. Previous Next

Partner

Need a caravan for your trip to Limpopo?

Rent from a local owner.

Browse rentals →

Soortgelyke kampe nabygeleë