🇿🇦 Gratis gids vir SA kamp- en 4x4-besighede
Eis jou lys · Lys jou besigheid

Forest Creek Lodge & Spa

Mpumalanga

Oor hierdie kamp

Forest Creek Lodge is elke natuurliefhebber en stiltesoeker se droombestemming. Oud of jonk, enkel, gesin of pasgetroud sal hier ’n betowerende wegbreek vind wat alles bied van staproetes, perdry en nabye besienswaardighede soos God’s Window, Sabie en die Nasionale Krugerwildtuin, tot sterrekyk,  spabederf, piekniek in die woud of bad in die bos (ja regtig!). Jy kan kies uit verkwikkende verblyf in een van vyf luukse suites of vier selfsorgeenhede. Die Luxury suites bied opsies van afgesonderde private hoekies in die bos met koningsgrootte beddens (selfs met ekstra lengte) en buitelugstorte tot kaggels in jou kamer en ’n bad groot genoeg vir twee! In al die kamers wag kraakvars linne, ’n waaier, verwarmer, elektriesekombers en ’n asemrowende uitsig vir jou. Die selfsorgeenhede bied ’n verskeidenheid slaapopsies perfek vir paartjies, gesinne of ’n naweek saam met vriende. Met braaigeriewe, stoep en bomekoepel beloof elke besoek lewenslange herinneringe. Forest Creek Lodge is slegs ongeveer drie ure vanaf Johannesburg op die R36 naby die Kwenadam. Previous Next

Partner

Need a caravan for your trip to Mpumalanga?

Rent from a local owner.

Browse rentals →

Soortgelyke kampe nabygeleë